BKK Tuisblad

Ander kieslyste


Vaste Onderwerpe vir die 2012

Maand

Onderwerp

Beskrywing

Januarie Kerslig

 

Neem ‘n foto in baie lae ligomstandighede (bv. kerslig). Neem die foto met die klem daarop om die atmosfeer vas te vang, die kers of vlammetjie hoef nie deel te vorm van die beeld nie. Digitale manipulasie word toegelaat, hoewel die hoofdoel moet wees om die beeld in lae lig omstandighede te neem. Swart en Wit verwerking word toegelaat, maar geen flitsbeligting mag gebruik word nie.

Februarie Water beweging

 

 

Neem ‘n foto wat die beweging van water vasvang. Tegnieke kan insluit: die gebruik van stadige sluiterspoed om die beweging van die water uit te beeld, ‘n brander of waterval of stroompie waar die beweging van die water  as ‘n benewelde beeld gedemonstreer word,  of ‘n vinniges sluiterspoed wat die waterbeweging vries om bv.  die spat van druppels te  demonstreer.  Die hoofonderwerp is egter die water –  die waterbeweging moet natuurlike beweging wees en nie deur ‘n mens (soos ‘n swemmer) of objek veroorsaak word nie.  Digitale manipulasie en/of swart en wit verwerking is toelaatbaar.

 

Maart Altered reality – laat jou verbeelding op loop gaan

 

 

‘n Foto waar die egtheid van die foto verander is en ‘n onwerklike beeld geskep is.  Gebruik van filters alleen is nie toelaatbaar nie, maar kan wel gebruik word om sekere effekte te verkry. Die hoofgedagte is om ‘n foto te skep met behulp van digitale manipulasie om die egtheid van die foto te verander. Digitale manipulasie is essensieel en swart en wit verwerking word toegelaat.

April Dans

 

 

‘n Foto van enige vorm van dans.   Die belangrikste aspek van die foto moet wees om die beweging van die dans vas te vang in ‘n fotobeeld.  Digitale manipulasie en swart en wit verwerking word toegelaat.

Mei Mense by die werk

 

 

‘n Foto wat ‘n persoon  besig met sy werk.  Die klem van die foto moet val op die aksie/werk waarmee die persoon besig is.  Dit foto hoef nie noodwendig ‘n vollengte foto van die persoon te wees nie, maar ‘n liggaamsdeel wat direk betrokke is by die werksaksie kan gefotografeer word.  Digitale manipulasie sowel as swart en wit verwerking word toegelaat.

Junie Geboue/ argitektuur in swart en wit

 

 

‘n Swart en sit foto van ‘n gebou of struktuur – modern of histories.   Geen alternatiewe kleurversterking mag gebruik word nie. Digitale manipulasie word toegelaat, maar dit is essensieel dat die foto in swart en wit verwerk word.

Julie Altered reality – skep ‘n dier

 

 

Gebruik Photoshop tegnieke om ‘n unieke dier  te skep. Digitale manipulasie is essensieel. Swart en wit verwerking word toegelaat
.

Augustus Voedsel fotografie

 

 

Enige foto wat kos uitbeeld – in enige vorm.  Die foto kan ‘n bord kos, voedselbestanddele of ‘n foto van vrugte en/of groente, vleis ens. wees.   Digitale manipulasie sowel as swart en wit verwerking word toegelaat.

September Musiek

 

 

Enige foto wat musiek in enige vorm uitbeeld.  Dit kan bladmusiek, musiekinstrumente, mense wat ‘n musiekinstrument bespeel insluit of enige ander foto wat musiek uitbeeld.  Digitale manipulasie sowel as wit en swart verwerking word toegelaat.

Oktober AV aand

Geen VO vir Oktober.  Sien Trofeeaand VO vir inskrywing.

 

November “Country roads”

Neem ‘n foto met die klem op ‘n “country road”.  Die foto kan insluit – ‘n grondpad  of enige pad wat duidelik in ‘n landelike gebied (countryside) is. Onthou egter dat die klem op die pad is. Digitale manipulasie sowel as swart en wit verwerking word toegelaat.

 

Desember Altered reality – laat jou verbeelding op loop gaan

 

 

‘n Foto waar die egtheid van die foto verander is en ‘n onwerklike beeld geskep is.  Gebruik van filters alleen is nie toelaatbaar nie, maar kan wel gebruik word om sekere effekte te verkry. Die hoofgedagte is om ‘n foto te skep met behulp van digitale manipulasie om die egtheid van die foto te verander. Digitale manipulasie is essensieel en swart en wit verwerking word toegelaat.