|
Gradering en Bevordering
Nota
Salonpunte word soos volg toegeken: 'n Nasionale salon-aanname - 1 punt. Indien 'n COM verwerf is - 2 punte. 'n Internasionale salon-aanname - 2 punte. Indien 'n COM verwerf is - 4 punte.
Alle goue of meriete toekennings en klubpunte wat in 'n spesifieke stergroep verwerf word, word nie oorgedra na die volgende stergroep nie. Slegs salonpunte akkumuleer en word dus oorgedra vanaf een stergroep na die volgende. Byvoorbeeld, as 'n lid slegs 1 goue toekenning en 3 punte kort om bevorder te word na 'n volgende stergroep en by 'n gegewe klubaand 2 goue toekennings en 5 punte verdien, word die ekstra goud en die addisionele 2 punte nie oorgedra tot krediet van die hoër stergroep nie. Die rede is dat die foto wat 'n goud verwerf het, beoordeel is op laer vereistes as die volgende hoër stergroep.
|