BKK Tuisblad

Login Form




GRADERING EN BEVORDERING

 

Een Ster - Beginnerfotograaf wat nog nie 'n lid van ‘n klub voorheen was nie
Na Twee Ster - 20 Klubpunte met 'n minimum van 4 Goue of Meriete toekennings
Na Drie Ster - 35 Klubpunte met ‘n minimum van 6 Goue of Meriete toekennings
Na Vier Ster - 50 Klubpunte, 8 Goue of Meriete toekennings, plus 18 Salonpunte
Na Vyf Ster
- 80 Klubpunte, 12 Goue of Meriete toekennings, plus 50 Salonpunte
Na Goue Ere - 150 Klubpunte, 200 Salonpunte, en APSSA Digitaal
Na Galaxy - 150 Klubpunte, 400 Salonpunte, en FPSSA Digitaal

 

Nota
Salonpunte word soos volg toegeken vir beelde en AV’s:

Beelde:
'n Salon-aanname (Nasionaal of Internasionaal) - 1 punt. Indien 'n COM of medalje verwerf is - 2 punte.

AV’s:
‘n Salon aanname (Nasionaal of Internasionaal) - 3 punte. Indien ‘n COM of medalje verwerf is – 4 punte.

Alle goue of meriete toekennings en klubpunte wat in 'n spesifieke stergroep verwerf word, word nie oorgedra na die volgende stergroep nie. Slegs salonpunte akkumuleer en word dus oorgedra vanaf een stergroep na die volgende. Byvoorbeeld, as 'n lid slegs 1 goue toekenning en 3 punte kort om bevorder te word na 'n volgende stergroep en by 'n gegewe klubaand 2 goue toekennings en 5 punte verdien, word die ekstra goud en die addisionele 2 punte nie oorgedra tot krediet van die hoër stergroep nie. Die rede is dat die beeld wat 'n goud verwerf het, beoordeel is op laer vereistes as die van die volgende hoër stergroep.