BKK Tuisblad

Login Form




KLUB INSKRYWINGS

- BEELDSPESIFIKASIES - <Sien hier>

- KLUB FOTO INSKRYWINGS OP PHOTOVAULT ONLINE

Die Bloemfontein Kameraklub maak gebruik van die Photovault Online sisteem vir die indien van beelde vir ons maandelikse beoordeling.
Die webadres is: http://www.photovaultonline.com

Die stappe wat gevolg moet word is:


Stap 1 – Registrasie:
Hierdie stap moet gevolg word indien jy nog nooit ‘n lid van Photovault Online was nie. Indien jy reeds voorheen geregistreer het, gebruik jou gebruikersnaam en toegangskode om aan te meld.

Om te registreer – maak die Photovault Online blad oop by http://www.photovaultonline.com.
Bo-aan die bladsy is ‘n blou balk met ‘n aantal skakels. Kies die registreer (“Register”) skakel wat jou na die registrasiebladsy toe neem. Vul die nodige inligting in soos aangedui op die bladsy. Onder rekening tipe – kies die opsie om jouself te registreer.

Indien jy ‘n nuwe lid by die klub is en vir die eerste keer beelde ingee of vir die eerste keer registreer, maak seker jy vul die stergroep as 1 (een) in. Moet asb nie die area oop los nie.
Indien jy klaar al die inligting op die sisteem gelaai het, druk die registreer-knoppie.

‘n Epos sal aan jou gestuur word. Die epos moet oopgemaak word en die skakel in die epos moet gekies word. Die aksie sal jou dan terug neem na die Photovault Online bladsy en die registrasieproses sal sodoende voltooi word.


Stap 2 – Oplaai van beelde op die sisteem
Maak die Photovault Online webblad by  http://www.photovaultonline.com oop.
Kies die aanmeld (“Login”) sleutel om aan te meld, en voltooi die aanmeldingsproses deur jou gebruikersnaam en toegangskode in te tik.

Die webblad gee riglyne op die tuisblad oor hoe om beelde op te laai.

Let daarop dat die grootte van die beelde wat opgelaai word belangrik is. Gaan na die Beeldspesifikasies blad om die vereistes vir ons Klub te sien. Beelde wat groter as die spesifikasies is sal nie opgelaai kan word nie. Die sisteem blok dit.

Beelde wat op die sisteem gelaai is kan gesien word op jou bladsy. Slegs jy het toegang tot hierdie bladsy en slegs jy kan jou beelde op hierdie bladsye sien.


Stap 3: Inskryf van beelde vir Klub byeenkomste


Kies die my inksrywings (“My Entries”) skakel in die boonste blou balk.
In die keuselys wat verskyn kies Klub (“Clubs”) .

In die volgende keuselys wat op die bladsy verskyn (gebruik die klein afwaartse pyltjie om die kleuselys te open) soek en kies Bloemfontein Kameraklub en druk die Vertoon die geleetheid (“Display events”) knoppie.

Bloemfontein Kameraklub met die datum van die volgende byeenkoms sal dan verskyn, Kies dan die aksie wat vir invoervra. (“Enter here”).
Op die volgende bladsy moet jy dan die hoeveelheid afdelings kies waarvoor jy wil inskryf.

Daar is 3 afdelings naamlik: Natuur, Piktoraal en Vaste onderwerp. Vul die hoeveelheid in en druk die onderste sleutel om aan te beweeg na die bladsy waar die beelde opgelaai kan word. Kies nou die afdeling waaronder jy beelde wil inskryf deur die muis te beweeg na die onderstreepte opskrifte van Natuur, Piktoraal of Vaste onderwerk en klik op die opskrif. Jou bladsy met beelde sal nou verskyn. Gaan met die muis na die beeld wat jy wil gebruik en dubbelklik op die beeld. Die beeld sal nou verskyn onder my inskrywings (“My entries”) vir die afdeling wat jy gekies het.

Wanneer jy al jou beelde wat jy vir ‘n bepaalde afdeling wil inskryf opgelaai het, beweeg met jou muis na die opskrif wat sê Terug na my inskrywings oorsig (“Back to my entry overview”) en klik hierop. Kies dan die volgende afdeling waarvoor jy beelde wil inskryf en herhaal die stap van die kies van jou beeld en dubbelklik op jou beeld wat jy gekies het.

As al jou beelde opgelaai is (dit is ‘n maksimum van 5 beelde – sien Maandelikse Inskrywings) gaan weer terug na die oorsigtelike blad van al jou inskrywings deur op die terug na my inskrywing oorsig (“Back to my entry overview”) te klik.

Die finale stap is dan om die sleutel wat sê finaliseer my inskrywing (“Finalise my Entry”) te klik met jou muis. As jy nie die inskrywing finaliseer nie sal jou beelde nie deurgestuur word na die klub vir inskrywing nie. Indien die inskrywing suksesvol deurgestuur is na die Klub sal jy ‘n epos ontvang ter erkenning van die inskrywing. Indien jy nie ‘n epos ontvang nie maak weereens seker dat jy jou inskrywing gefinaliseer het deur die finaliseer sleutel te kies en te druk. Indien daar steeds nie bevestiging vir jou inskrywing ontvang word nie, kontak die komiteelid belas met Digitaal.

Jy kan veranderinge aan jou inskrywing aanbring tot en met die sluitingstyd van 23h40 die Sondagaand voor die volgende klubbyeenkoms. Onthou om seker te maak jy druk die finaliseersleuter.


Photovault